2 Timoteus 3 :
16 – 17 Die hele Skrif is deur God
geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te
bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man
wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke
goeie werk.
Nou
mag jy vra, maar hoe kan ek op ‘n punt kom waar ek ander kan aanspreek as my
eie lewe nie volmaak is nie? Realiteit
is dat niemand se lewe volmaak is nie.
Ons het egter ‘n handboek gekry wat ons presies verduidelik hoe om op tree
en natuurlik ook te onderskei tussen reg en verkeerd.
Juis
daarom is jy, wat die Skrif lees en bestudeer, volkome voorberei en toegerus om
in diens van God te staan.
Wanneer
jy twyfel of dalk begin wonder of jy dit in jou het, gaan na die Woord van God en
verfris jou geheue. Jy het alles wat
nodig is om suksesvol, kreatief of talentvol te wees. Wanneer jy in so ‘n noue verhouding met God
staan, sal Hy Sy seen oor jou uitstort.
Jy is Sy geseende, Sy gesalfde.
Daardie salwing bemoedig jou, gee jou krag en die vermoë om die goeie
stryd te stry.
As
kind van God moet jy dikwels die relevansie en selfs die moontlikheid dat die
Bybel die waarheid is verdedig. Hierdie
teks gee jou ook die versekering dat die Bybel nie net ‘n storie is nie. Dit is deur God geinspireer en is die
waarheid.
No comments:
Post a Comment