Eksodus 32:30 Die volgende dag het Moses vir die volk gesê:
“Julle het 'n ernstige sonde gedoen, maar ek klim nou na die Here toe op en
miskien kry ek by Hom vir julle vergifnis vir julle sonde.”
Dalk lees jy hier en dink: "Ons
het ‘n Moses nodig." Moses se verhouding
met God was die volk se enigste redding.
Keer op keer het die volk gesondig en keer op keer het Moses tot God
genader en om vergifnis gesmeek.
Elke
Christen in hierdie land is ‘n Moses.
Dit is elkeen van ons se plig om vir ons land en sy mense by God in te
tree. Ons mag nie moeg raak om te bid
nie, maar ek glo verseker dat ons ook ‘n verantwoordelikheid het om ons naaste
aan te spreek oor hul sondigheid. Moses
het nie in stilte gaan bid nie. Hy was
baie reguit en glad nie skaam om hul op hul sondige lewe te wys nie.
Meeste
van ons keer ‘n blinde oog. Ons is nie
bereid om op te staan vir God nie. Ons
is draadsitters of ‘lou’. God hou nie
van lou nie. Jy is of vir Hom of teen
Hom.
En
dis juis hier waar ‘n Christen hom/haarself onderskei van ander. ‘n Christen blameer nie net nie. Jy maak seker die individu weet wat hul verkeerd
gedoen het, maar jy verseker hom/haar ook van God se vergifnis wanneer daar ware berou is.
No comments:
Post a Comment