Jeremia 32 :
27 Ek is die Here die God van al die
mense. Is iets vir My onmoontlik?
Om
jou bestuurderslisensie te kry, is verseker nie maklik nie. Eers moet jy jou ‘learners’ deurkom en dan
moet jy oefen om die voertuig op die pad te hou. Saam met dit, leer jy die betekenis van
padreëls.
Of jy
nou ‘n familielid het wat jou leer bestuur of by ‘n bestuurskool aangesluit
het, jy moet leer bestuur. Met die K53
is dit ook belangrik om op ‘n sekere manier te bestuur. Daar is die regte en verkeerde manier.
Wanneer
die dag uiteindelik aanbreek dat jy vir die toets gaan, moet jy seker wees jy
is gereed. Sou jy alles volgens die reëls
doen, sal jy slaag. Elke keer dat jy nie
doen wat jy veronderstel is om te doen, of ‘n fout maak, word punte
afgetrek. Dit is regtig nie moeilik om
te ‘dop’ nie.
Vir
diegene wat wel suksesvol is, is dit ‘n groot oomblik. Maande se harde werk het vrugte
afgewerp. Nou lê die volgende hobbeltjie
voor… jou eie wiele.
So
het ‘n enkelouer vriendin van my se seun sy lisensie bekom en haar begin pols
vir ‘n motortjie. Sy het verduidelik dat
sy nie die finansiële vermoëns het nie, maar dat hulle kan bid vir ‘n
motor. Hiermee was die jongman glad nie
beindruk nie. Maar my vriendin het
getrou gebid. Binne 3 maande het sy ‘n
terugbetaling van SARS ontvang. Met die
assessering van haar huidige aanslag, het hul agtergekom dat hul vorige jare haar
aanslag verkeerd bereken het. Sy het ‘n
terugbetaling ontvang wat net genoeg was om vir die jongman ‘n tweedehandse
motortjie te koop.
Hy
was stomgeslaan, maar besef nou baie beslis die krag van gebed.
Dink
jy God kan nie? NIKS is vir God
onmoontlik nie. Ook nie dit waarmee jy
worstel nie. Hoekom strek jy jou geloof
nie so ‘n bietjie nie. Gee vir God iets
om mee te werk. Herinner jouself hardop
dat jy glo God kan. Skryf dit neer, lees
dit hardop, maak dit jou mantra. Geloof
beweeg God. Hy sal jou nie teleurstel nie.
Ek
het wel geleer dat God uiters kreatief is.
Sy antwoorde is nie altyd verklaarbaar nie, maar dis meestal tasbaar.
No comments:
Post a Comment