Filippense 4 :
19 En my God sal in elke behoefte van
julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.
Wanneer
ons lees dat God ‘ryklik’ in al ons behoeftes sal voorsien, klink dit baie
vergesog. En die rede hoekom dit so
vergesog klink, is omdat ons na ons huidige situasie kyk en weet hoe benard en
beroerd dit is.
Ons
glo dat ons nooit weer uit hierdie skuldput sal kom nie… Ons glo dat ons nooit
weer ‘n eie huis of motor sal besit nie… Ons glo dat ons besigheid gedoem is,
want daar kom geen werk in nie en die skuld hoop op… Dis die koue feite en
realiteite.
Ons
moet egter nie kyk na wat ons het nie, maar wat God het. God is die besitter van hemel en aarde en
alles daarop. Een beweging van God kan
jou neem van ‘n plek waar jy tans is waar jy van die hand na die mond leef tot
meer as genoeg. God het maniere om jou
te gee meer as wat jy verdien, hy maak dat ‘n begroting klop terwyl jy weet dis
nie moontlik nie. God beweeg buite die
voorspelbare. Die ekonomie mag dood
wees, maar God kan werk laat instroom.
So
hou op om jouself wys te maak dat jy dit nie sal maak nie of dat dit al is wat
jy ooit sal bereik. Laat los die verlede
en kies ‘n mentaliteit van oorvloed.
Sê
vir jouself: Ek is geseënd… Ek is
voorspoedig… Hierdie is maar net die
begin van groot dinge... Ek is op pad na die land van oorvloed, want dis wat
God vir my in stoor het.
No comments:
Post a Comment