Genesis 22 :
9 Toe hulle aankom by die plek wat God
vir Abraham aangewys het, het Abraham daar 'n altaar gebou. Hy het die hout
reggesit en sy seun Isak vasgebind en op die altaar neergesit, bo-op die hout
Daar
word gesê dat Godgegewe geskenke gevaarlik kan wees. Almal ontvang talente, maar wanneer talente
tot hoogmoed lei, moet ons bekommerd wees.
Die feit dat ek / jy geseën is met ‘n talent, maak ons nie beter as
enige iemand anders nie.
Jy
sien ons grootste sterkpunt kan ook ons grootste swakheid word wanneer ons die
gawes wat God ons gegee het begin ontwikkel en meer op hulle staatmaak as op
God. Dit is hoogmoed… en dis
gevaarlik. Indien ons dit nie in lof
verander nie, lei dit tot hoogmoed.
Volgens
Jakobus
4 : 6 het God nie erg aan hoogmoed
nie. Maar die genade
wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan
nederiges gee Hy genade.
Dis
dalk nodig om te let op die ‘Isak’ in ons lewens. Watter gawes / talente oorheers ons
lewens? Ons kan ons Isak steeds liefhê,
maar ons mag nie toelaat dat dit God se plek in ons lewens oorneem nie. Drome wat ‘ten alle koste’ verwesenlik moet
word… die drang om sukses te bereik wat allesoorheersend word… wanneer waardes en integriteit opsygeskuif
word om te kom waar jy wil wees… dit is alles rooiligte wat flikker en wat jy
eenvoudig nie kan ignoreer nie. Plaas
hul op die altaar en lig die mes.
Partykeer moet ‘n droom sterf sodat dit vir God se glorie kan herrys.
Isak
het herrys van die altaar en uit sy nageslag is Dawid en Jesus Christus gebore.
No comments:
Post a Comment