Genesis 22 : 16 –
17 “Dit is Ek, die Here, wat praat. Ek
lê 'n eed af by Myself dat Ek jou baie sal seën oor wat jy gedoen het: jy het
nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie. Ek sal jou
vrugbaar maak en jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel en
soos die sand van die see. Jou nageslag sal die stede van sy vyande in besit
neem.
Abraham
was bereid om dit wat vir hom die kosbaarste was… dit wat hy van God afgebid
het te offer, toe God dit van hom verwag het.
Abraham kon gesê het: “Nee, ek
kan dit nie doen nie.” Kyk net na die
implikasies hiervan… Abraham sou nooit die nageslag gehad het (wat jou en my
insluit) as dit nie vir sy gehoorsaamheid was nie. Sy seun kon tussen hom en God gestaan het.
Dit
is maklik om die verhaal in retrospek te lees, want ons weet dat Abraham
gelukkig nie sy seun hoef te geoffer het nie.
God het hom betyds gestop, want God wou net sy gehoorsaamheid toets. Abraham het dit egter nie geweet nie en tog het
hy nie toegelaat dat enige iets tussen hom en God staan nie.
Wat
staan jussen jou en God? Is dit dalk jou
titel, die pos wat jy beklee, jou besittings, die hoeveelheid nulle van jou
salaris, jou ego? Verafgood jy dalk kos,
drank, pornografie, dwelms eerder as God?
Die probleem is gewoonlik dat ons, ons identiteit vind in wie ons is,
eerder as Wie s’n ons is.
Skatte
van goud is tydelik en op ‘n dag kan jou kaartehuis eenvoudig in duie
stort. Plaas dit op die altaar wat
tussen jou en God staan sodat jy eerder vir jou skatte in die hemel bymekaar
kan maak.
No comments:
Post a Comment