Romeine 4 :
20 Hy het nie in ongeloof begin twyfel
aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God
die eer gegee.
Wanneer
iemand nie hul ledemate gebruik nie, verloor hul mettertyd die gebruik daarvan,
want hul spiere verloor hul fermheid en krag.
Wanneer
jy God prys, kom jou geloof in aksie. Dis
soos om jou liggaam te oefen en spiere te bou.
Hoe meer jy bid, aanbid, prys… hoe sterker word jou geloof.
Wanneer
jy twyfel, swaai jy tussen glo en nie glo, tussen vertrou en wantrou. Dit is net soos om te wankel. Wankel beteken jy is onvas. Geestelike wankeling is wanneer ons eendag in
God en Sy beloftes glo en die volgende dag daaraan twyfel. Daar is geen stabiliteit nie. En wanneer jy so onstabiel is, is dit maklik
vir satan om homself in te wurm en jou nog meer te laat twyfel.
Daardie
twyfel kom voor in ons gedagtes, ons woorde, ons dade. Jy twyfel dat God iets aan die situasie kan
doen, jy verwoord dit selfs en dan begin jy sommer self iets doen. Dan sal ons verseker nie God se beloftes sien
realiseer nie.
Volgens
die skrif het Abraham nooit getwyfel nie.
Hy het nooit gewankel nie. Hy het
elke gedagte gevange geneem en sterk bly staan deur prys en aanbidding. Sy geloofspiere was geoefen en sterk.
En
wanneer jy geloof fiks is, met ferm geloofspiere, is dit makliker om nie te
wankel nie. Dit is dan wat jy die aanslae
kan weerstaan omdat jy weet dat jy weet dat jy weet en God onwrikbaar
vertrou. Dan kom God deur en trek Hy die
sluise van die hemele vir jou oop!
No comments:
Post a Comment