Johannes 3 :
16 “God het die wêreld so liefgehad dat
Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan
nie maar die ewige lewe sal hê.
Iemand
het eendag gesê jy kan gee sonder liefde, maar jy kan nie liefhê sonder om te
gee.
Liefde
is die motiveerder… dis hoekom ons ons tyd gee, ons talente, ons geld. Volgens die Woord is God liefde en darom sal
mense ons ken as Sy volgeling wanneer ons liefde betoon. Om te gee is om liefde te betoon.
Die
seisoen van gee lê voor. Laat ons egter
nie uit die oog verloor, die grootste Geskenk van alle tye nie… die geskenk van
Ewige Lewe deur Jesus Christus. As jy
nog nie hierdie wonderlike geskenk ontvang het nie, bid saam met my: “Hemelse Vader, ek kom vandag na U toe om my
lewe aan U oor te gee. Vergewe asseblief
al my sondes. Ek het U in my lewe
nodig. Ek glo dat U Seun, Jesus Christus
aan die kruis gesterf het sodat ek die gawe van Ewige Lewe mag hê. Ek glo dat Hy opgestaan het uit die dood en opgevaar
het vanwaar Hy eendag sal kom om te oordeel.
Ek maak my hart oop en ontvang U kosbare gawe vandag. “
Gaan
dan uit en maak ‘n verskil. Deel die
liefdesgawe met ander, want dis ‘n geskenk wat nooit opraak nie.
No comments:
Post a Comment