Psalm 75 : 8 Nee, dit is God wat verneder of verhef,
Sommige mense
het ‘n geweldige minderwaardigheidskompleks.
Hulle besef nooit hul eie waarde nie.
Daar kan natuurlik goeie rede voor wees, maar iewers moet jy besef dat
jy uniek en kosbaar is en nie die leuens glo wat ander jou probeer wysmaak het
nie.
As dit nie
gebeur nie, sal jy in die versoeking kom om jouself te probeer verhoog /
ophef. En dikwels word dit gedoen deur
ander af te breek sodat jy beter kan lyk.
Weet jy wat is so wonderlik omtrent God se koninkryk? Dit is dat jy nie op jou eie sukses kan
bereik nie, maar dat jy dit ontvang van God.
Hy is die een wat verneder of ophef!
‘n Goeie voorbeeld
is Dawid. Sy broers het elkeen geglo dat
hul die uitverkorene is om koning te word.
Dawid het in die veld voortgegaan om in nederigheid skape op te pas. God laat haal hom uit die veld en maak hom
koning! Dit was nie vir Dawid nodig om
sukses na te jaag nie. Sukses is aan hom
gegee!
Laat die
kompetisie en alewige vergelykings aan andere oor. Doen jy net wat God van jou verwag asof jy
dit vir Hom doen en Hy sal jou ophef. Om
die suksesleer op jou eie te klim verg harde werk, swoeg en sweet van
douvoordag tot laat in die nag. Niks is
ooit goed genoeg nie en daar word altyd meer van jou verwag. Sodra jy jou doelwit bereik, verskuif hul die
doelpale? Klink dit soos jou lewe? Voel jy ook asof jy ‘n os is wat ingespan is
terwyl die baas jou looi om harder te probeer?
Volgens Matteus 11 : 30 is dit veel beter om
jouself aan God te onderwerp as om vir ewig vir ‘n baas te werk. My juk
is sag en my las is lig.
No comments:
Post a Comment