Filippense 3 : 13 Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al
het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit
na wat voor is.
Wanneer God
mense gebruik gee Hy vir hulle ‘n visie.
Vir Moses was dit om die Israeliete uit Egipte te lei. Vir Moeder Teresa was dit diensbaarheid. Vir Florence Nightingdale was dit genesing en
hoop aan sterwende soldate tydens die Krimoorlog.
Wat is jou
visie? Indien jy nie weet nie, bid
daaroor. Vra God om jou te wys wat jou
visie is. Wanneer jou visie jou seen en
vir ander tot voordeel is, sal jy weet dat dit van God afkomstig is. As jou visie egter is om die rykste persoon
ter wêreld te word en alles te kan koop wat jou hart begeer, glo ek nie dat God
jou gaan ondersteun nie.
Daar word
gereken dat 40% van mense net oor hul drome praat. Die volgende 40% is bereid om hard te werk en
alles vir hul drome op te offer, maar hul het nie een nie. Net 20% het ‘n droom en die geloof om dit te
bewaarheid. Realiteit is dat selfs
hierdie 20% geen waarborg op sukses het nie, maar hul het ‘n 80% beter kans as
die mense om hulle.
Ek glo dat jy
alles moet probeer. Dit is makliker om
te erken jy’t ‘n fout gemaak as wat dit is om eendag te sê: “As ek dit maar net probeer het!” Go for it!
Wie nie waag nie, sal nie wen nie.
No comments:
Post a Comment