Genesis
18:14 Is iets te buitengewoon vir die Here
Vertrou jy God vandag vir iets spesifiek? Ek wil jou aanmoedig… hou aan glo, moenie hoop
verloor nie… moenie mismoedig word nie… hou aan om God aan te roep. Hy beloon altyd getrouheid.
Weier om toe te gee aan gedagtes wat jou ontmoedig. Die oomblik wat jy begin twyfel is die deur
op ‘n skrefie vir satan oop om in te glip en amok te saai. Johannes
14 : 27 “Vrede
laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle
gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie,
en julle moet nie bang wees nie. Moenie
gister se probleme toelaat om jou te weerhou van vandag se beloftes nie. Raak ontslae van daardie toksiese
gedagtes. Net omdat dit nog nie gebeur
het nie, beteken nie dat dit nie enige oomblik kan gebeur nie. Om die waarheid te sê, prys God vir elke
stryd wat jy deurgaan, want dis sulke tye dat die tafel met seëninge gedek word
vir jou.
Geen droom wat ons droom is te groot vir God nie. Geen struikelblok is onoorkombaar. Daar is nie ‘n probleem wat ek of jy teekom
wat God laat kopkrap nie. Hy is altyd in
beheer en ons ligjare vooruit.
Ek glo dat God op misterieuse maniere in jou lewe sal
ingryp… op maniere wat jy nie eens sal verstaan nie. Wat God vir jou in stoor het, sal mense
verstom laat staan en ‘n getuienis word wat ander sal bemoedig.
Iemand het onlangs ‘n pragtige aanhaling gedeel. "‘n God wat groot genoeg is vir jou begrip, is
nie groot genoeg vir jou oplossings nie."
Dit is so waar. Sy paaie is nie
ons s’n nie, Sy weë nie ons s’n nie, Sy tyd nie ons s’n nie, maar dit is altyd
perfek.
No comments:
Post a Comment