Weet jy wat
besef ek? As jy nie verwag dat jou drome
sal waar word nie, dan sal dit nie… as jy nie verwag om los te breek van slegte
gewoontes nie, dan sal jy nie… As jy nie glo dat die daar uitkoms is… dat dit
nie is waar jy vir ewig sal bly nie, sal jy nooit die oorwinning smaak nie,
want jy (en ek sluit myself hierby in) is besig om God te beperk.
Daar is geen
perke op wat God kan doen nie. Daar is
geen perk op wat Hy vir jou kan doen nie.
En wat meer is, Hy kan dit in en deur jou doen as jy net jou denkwyse
verander.
Begin glo dat jy geseend is,
dat jy kosbaar is, dat jy meer as ‘n oorwinnaar is. Jy is bestem om ‘n ‘legacy’ agter te
laat. Herinner jouself elke minuut van die dag dat God oorwinning in
stoor het vir jou, dat sy guns jou omring soos ‘n skild. Hebreërs 13 : 5 … God self het gesê: “Ek sal jou
nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Ook in Psalm
91 : 9 & 10 is daar vir
jou ‘n belofte: Omdat
jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal
geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie.
Guns is nooit
toevallig nie. Neem die eerste tree
daarheen.
Ek bid dat jou toekoms gevul sal wees met guns en onverwagte seëninge en dat Sy goedheid en guns
jou sal volg al die dae van jou lewe.
No comments:
Post a Comment