Josua 1 : 11 “Gaan die kamp deur en sê vir die mense: Maak
vir julle padkos gereed, want oor drie dae trek julle deur die Jordaan en gaan
julle die land in besit neem wat die Here julle God julle as besitting gee.
Wanneer God
vir jou iets gegee het, het jy die titelakte in jou hand. In sommige gevalle mag dit nodig wees om
daarvoor te baklei. As jy dit nie doen
nie, sal jy nie ontvang wat hy jou belowe het nie.
Dalk streef jy
ook daarna om ‘n werk te kry of jy wil graag ‘n beter of groter huis hê, maar
dit bly buite jou bereik. Moenie ander
hul voorspoed beny nie, jou beurt sal kom.
En as jy moeg is om net te droom of praat oor dit wat jy graag wil hê,
staan ‘n slag op en doen iets daaraan.
Ek moet jou darem ook net ingelig oor die sleutel tot sukses aldus
Petrus. 2 Petrus 1 : 3 Sy Goddelike krag
het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom
deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.
Neem hierdie
belofte, bepeins dit en lê dit diep binne jou hart weg sodat jy dit ook uiterlik
kan begin ervaar. Ons dink so maklik dat God nie ons gebede beantwoord nie,
maar iemand wat siek is, moet dalk eers in hul gees glo dat hul genees is
alvorens hul fisiek genees word. Jy sien
soms vra ons God vir kos, maar hy gee ons saad om te saai. Die voedsel is in die saad. So ook is die saad van dit wat God jou beloof
het reeds binne jou. Net soos wat jy ‘n saadjie sal water gee, onkruid uittrek en
dit vertroetel totdat dit vrug dra, moet jy ook jou verhouding met God
vertroetel. Eer Hom nou reeds vir dit
wat op pad is.
No comments:
Post a Comment