1 Korintiërs 3 : 11 want
niemand kan 'n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie
Moses het vir
die Israeliete in Deuteronimium 6 : 6 – 7
gesê: “Jy moet jouself heelhartig verbind aan die gebooie wat ek vandag vir
jou gee. Herhaal hierdie woorde oor en
oor vir julle kinders. Praat daaroor by
die huis en wanneer julle op pad is, wanneer julle lê en wanneer julle opstaan.
Die
waardestelsel in Suid-Afrika is besig om ineen te stort. Die fondament is besig om te verbrokkel en ons weet wat gebeur wanneer die fondament ingee. Integriteit, respek, lojaliteit, eerlikheid,
trots, ens, ens, ens… dit bestaan omtrent nie meer nie. ‘n Lewe is amper niks werd, want mense word
vermoor sonder dat enige iets gesteel word.
Om jou brood te verdien in die sweet van jou aanskyn is lankal
vergete. Mense wil so min as moontlik
doen, vir so kort as moontlik en maksimum vergoeding ontvang. En as ek so onderdeur ‘n geldjie kan maak,
des te beter.
Voor ons
vingerwys, laat ons selfondersoek instel.
Die fondament word gelê tydens ‘n kind se opvoeding. Het ek waardes by my kinders ingeskerp. Het ek hul daarop gewys dat die feit dat ‘almal’
dit doen, nie beteken dit is reg nie? Of
het ek eerder my kind se vriend/vriendin probeer wees en hul eerder geleer om ‘vir
hulself te dink en op te staan’? Daarmee
sê ek nie laasgenoemde is verkeerd nie, solank dit net nie ten koste van andere
is nie. Jy is eerstens ‘n ouer wat ‘n
plig teenoor jou kind het om hom/haar vir die lewe voor te berei. As jou kind jou respekteer (‘n waarde), sal
dit nie eens nodig wees om die kind te straf nie. Duidelike grense is nodig… wat is toelaatbaar
en wat nie? En hoe weet ek? Die antwoord op elke vraag is te vinde in die
Bybel.
Verder moet ons
ook besef dat ons as ouers deesdae vele regte het, maar met elke reg kom daar ‘n
verantwoordelikheid. Kinders het na
volwassenes gekyk en die optrede word deesdae nagevolg… Mede-skoliere word
vermoor. Skole word gevandaliseer… Dit
is tyd dat ons as ouers ons verantwoordelikheid aanvaar en ons kant bring.
No comments:
Post a Comment