Psalm 35 : 27 Maar dié wat wil hê ek moet vrygespreek word,
laat hulle juig en bly wees, laat hulle altyd weer sê: “Die Here is groot. Hy
sorg dat sy dienaar vrede het.”
God sorg vir
jou en my. Hy wil hê dat ons geseënd en
voorspoedig moet wees. Dit verskaf hom
groot vreugde wanneer jy gelukkig is, vol vreugde en vrede, tot so ‘n mate dat
ander wonder hoe jy dit regkry. Eintlik
moet dit so ooglopend wees dat dit as’t ware oorspoel in ander se lewens.
Ek wil jou
aanmoedig om nie met gemiddeld, wat nog te sê te min, tevrede wees nie. Jesus het gekom sodat jy lewe in oorvloed kan
hê. Dit beteken oorvloedige vreugde,
oorvloedige vrede, uitstekende gesondheid, geen tekorte aan finansies, geen
verhoudingsprobleme, ens, ens, ens… alles in oorvloed.
Dalk reken jy
dit sal uitstekend wees, maar wanneer gebeur dit? Tot dusver is alles redelik spartaans in jou
lewe. Dalk is dit omdat jy jou lot
aanvaar het sonder dat jy dit besef.
Begin besef dat dit nie is wat God vir jou beplan nie, maar besef ook
dat jy iets anders sal moet begin doen as jy ander resultate verwag. Begin sukses en vooruitgang visualiseer, bid
daaroor, praat daaroor en neem die eerste tree.
Besef vandag
wie jy dien… ‘n groot en magtige God.
No comments:
Post a Comment