Jesaja 55 : 8 – 9 My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en
julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here;
soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle
optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.
Vir Maria was
dit ‘n dag soos al die ander en toe besoek ‘n engel haar en vertel dat sy as ‘n
maagd die Seun van God in die wëreld gaan bring.
Moses en die
volk het vir veertig jaar in die woestyn geleef. ‘n Groot deel daarvan was sieldodend vervelig,
son en sand… manna en kwartels… aanhoudende klaagliedere van die volk.
Vir jou mag
die lewe ook voorspelbaar wees en jy is dalk nie baie opgewonde oor jou lewe
nie. Dalk is jy moeg vir sukkel, moeg
vir probleme, moeg vir alles…
Maria sou
nooit daardie oggend toe sy uit die bed klim gedink het dat haar lewe
handomkeer sou verander nie.
Net so kan God
jou ook verras. Vir Moses het Hy verras
daardie dag toe Hy uit ‘n brandende bos met hom gepraat het. Vir Bileam het die Here sy donkie met hom
laat praat.
Die dag dat
alles in plek val en God gereed is om jou te verras, sal dit op die mees
onwaarskynlike manier gebeur. Dit sal
gebeur wanneer jy dit die minste verwag.
Jy weet nooit met God nie. Hy is
vol verrassings en Hy kan jou lewe binne ‘n oomblik verander.
Wees gereed,
dit gaan aardskuddend wees.
No comments:
Post a Comment