1 Korintiërs 6 : 19 Of besef julle nie dat julle liggaam 'n
tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle
woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie:
Wanneer jy
besef dat jou liggaam ‘n tempel van God is, kyk jy heeltemal anders
daarna. Dan begin dit sin maak om dop te
hou wat jy eet, wat jy drink, of jy rook of dwelms gebruik, of jy ‘n tattoo
kry, hoeveel jy jou liggaam druk om te presteer.
Hartsiektes is
niks nuut nie. Hartomlynings ook nie.
Dit is gewoonlik nodig omdat Cholestrol die are blokkeer. Nou dit kan oorerflik wees, maar dit kan ook
ongesonde eetgewoontes wees. Ons kan soveel
ons kan bid dat God ons seen met goeie gesondheid, maar as ons nie ons deel
doen nie, kan ons nie verbaas wees as ons gebede nie verhoor word nie.
Medici waarsku
ons dikwels oor tabak, dwelms, alkohol en gesonde eetgewoontes, maar dalk is
dit nodig dat predikers ook hieroor begin preek.
As jy gaste
verwag trek jy skoon beddegoed oor, sorg dat daar skoon handdoeke is en maak dalk
selfs ook met ‘n bietjie meer sorg aan die kant. Dieselfde beginsel behoort te geld wat ons
liggame aanbetref.
Wanneer jy
iemand anders se eiendom gebruik, kyk jy beter daarna as na jou eie (wel dis
wat my ouers my geleer het). Ons behoort
nie aan onsself nie.
Ons het net
een liggaam en as jy so gelukkig is om ‘n hoë ouderdom te bereik, mag jy dit
dalk net berou dat jy nie meer daarna omgesien het nie. Kom ons hanteer ons liggame met die nodige
respek.
No comments:
Post a Comment