Lukas 12:5 Ek
sal vir julle sê vir wie julle bang moet wees
Dit maak nie saak
wat jy vandag in die gesig staar, moenie bang wees nie. God se liefde sal alles
ten goede laat meewerk. Die rede hoekom
jy soveel teenkanting ervaar die afgelope tyd is omdat satan bekommerd raak oor
wat God vir jou beplan. Hy spesialiseer
mos daarin om jou vrede te steel en te vernietig.
As jy vandag
ervaar dat jy wil versmoor onder uitdagings en probleme of dat jy deur
verandering worstel terwyl jy wonder hoe jy ooit weer op vaste grond te staan
gaan kom, neem so ‘n kort blaaskansie en kyk op. Dis waar jou hulp vandaan gaan kom. Geen mens, geen baas, geen politikus… niemand
behalwe God is in beheer. Moenie toelaat dat negatiewe gedagtes of houdings you
hart vul en jou anders wysmaak nie. Hierdie
presiese proses is besig om jou te versterk. Dit is die proses wat jou
ontwikkel en laat groei.
Nou is juis
die tyd om vas te glo en te sê: “Ek sal
nie toegee aan die angs wat my wil versmoor nie… ek sal nie bekommerd wees oor
die verandering waardeur ek tans gaan nie… Ek sal nie toelaat dat probleme my
onderkry nie. Ek vertrou God volkome en
daar is geen, maar geen rede tot kommer nie.
Ek sal nie toelaat dat vrees en onsekerheid my vreugde steel nie.
Hoe meer jy
hierop mediteer en fokus, hoe meer sal jy geloof kies bo bekommernis. Bekommernis bring jou nêrens… geloof dra jou
tot aan die anderkant.
No comments:
Post a Comment