1 Johannes 5 : 14 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan,
omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra
Moenie ophou
om in jouself te glo as gevolg van dit wat in die laaste tyd gebeur het of
verkeer geloop het nie. God het nog nie
een oomblik opgehou om in jou te glo nie.
Kry weer jou
selfvertroue terug en ook jou vertroue in God.
Hy luister altyd. God het nie
opgegee op jou nie. Hy het nog planne
wat Hy aan jou wil bekend maak. In die
proses is jy besig om die mens te word wat Hy jou bedoel het om te wees. Moenie die proses probeer aanjaag nie. God se
tydsberekening is altyd perfek en eendag kyk jy terug hierop en weet dat dit
alles deel van Sy volmaakte plan was.
Wanneer God
drome in jou hart plaas, sal daar altyd mense wees wat jou gaan probeer teegaan. Hulle mag dalk jaloers wees of jou probeer
slegmaak, maar steur jou nie aan hulle nie.
Moenie die aas neem nie. Dis nie
deel van God se plan vir jou nie. Jou
doelwit is te belangrik om jou deur kleinlike, jaloerse, mense te laat
ontspoor. Al wat jy moet doen is om God
te vertrou in die seker wete dat Hy presies weet wat Hy doen. God sal nooit iets van jou wegneem sonder om
jou iets beter in die plek daarvan te gee nie.
Hy is in die besigheid van promosie.
Dit mag dalk
nou glad nie vir jou lyk asof hier iets goed uit kan kom nie, maar as jy getrou
bly en nie verbitterd word nie, nie toelaat dat teleurstelling en verlies jou
lewe versuur nie, sal jy ‘n beter en sterker mens anderkant uitkom.
God is besig
om ‘n deur oop te maak wat niemand kan sluit nie. Is jy gereed vir die volgende vlak? Bonatuurlike seen en voorspoed is op jou
drumpel. Bid dat God jou die kalmte sal
gee om die laaste paar tree te gee.
Volhard, jou deurbraak is te naby om op te gee.
No comments:
Post a Comment