Jesaja 45 : 2 Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes
gelykmaak. Ek sal bronspoorte oopbreek en sluitbalke van yster stukkend kap.
Psalm 107 : 16 want Hy
het koperdeure oopgebreek, ystergrendels stukkend geslaan
Nie een keer
nie, maar twee keer in Die Bybel word ons verseker van die krag van God. Die God wat voor jou en my uitgaan en daardie
spoedhobbels, hoogtes, berge… gelykmaak.
Dieselfde God wat niks in Sy pad laat staan, wat deure oopbreek en
grendels / kettings stukkend slaan... vir jou en my! Wow!
Niks kan ons
terughou wanneer God aan ons kant is nie.
Nou is die vraag… met die pad wat gelyk is en die deure wat oopstaan
sonder ‘n enkele slot daaraan… wat gaan jy doen? Gaan jy Hom vertrou en in geloof vorentoe
tree of gaan jy bly staar na daardie deure wat nog altyd toe was?
Ek weet nie
wat jou teruggehou het of wat jou vasgehou het nie, maar ek weet dat God
hierdie tekste vandag vir jou gee. Niks
staan in jou pad nie en dieselfde God sal verder die pad met jou stap… tree vir
tree.
No comments:
Post a Comment