Psalm 27 : 5 Op die dag van gevaar sal die Here my
wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op 'n rots
laat staan;
Selfs al het
jy die Bybel al hoeveel keer deurgelees, kom daar tye dat ‘n vers jou weer in
verwondering laat. Kyk net na God se
omgee!
Wanneer jou
verhouding met God op ‘n vlak is waar Hy jou hele lewe is, sal jy weet dat jy
op jou veiligste voel. Jy voel amper
onaantasbaar. Nou verstaan ek
hoekom. Dit is omdat daardie verbintenis
met Hom jou beskerming bied. Hy sal jou
wegsteek in Sy huis! Waar kan jy
veiliger wees?
Uitdagings sal
daar steeds wees. Die effek wat hul op
jou gaan hê sal net nie meer wees soos in die verlede nie. Jy gaan nie alleen en verwese voel nie, want
God almagtig is jou beskermer. Dit maak
nie saak of die wêreld uitmekaar val rondom jou nie, jy sal krag, vertroue en
rus vind in die wete dat Hy jou beskerm.
Daarom weet jy dat die uiteinde vir jou positief sal wees. Jy weet dat geen wapen wat die vyand teen jou
optel enige krag sal hê.
Dalk is mense
besig om jou naam te beswadder, jou in ‘n slegte lig te stel… moenie hul eens
‘n tweede kyk gee nie. Om die waarheid
te sê moenie jouself eens die moeite aandoen om ‘n woord teenoor hul te uiter
nie. God sal met hul ‘deal’. Mense beheer in elk geval nie jou toekoms
nie, God alleen doen.
Hou aan om op
jou en God en jul verhouding te fokus.
No comments:
Post a Comment