1 Johannes 3 : 21 – 22 Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel
nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan;
en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen
wat Hy goedvind
Jesus gaan bid
op ‘n stil plek. Simon en sy makkers
gaan agter Jesus aan en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal vra na U.” Jesus antwoord: “Ons moet ook nog verder gaan na die
omliggende dorpe sodat Ek ook daar kan preek.
Dit is immers waarvoor Ek gekom het.”
En as jy verder in Markus 1 lees
van vers 35 – 39 weet jy dat Hy deur die hele Galilea gegaan het waar Hy in hul
sinagoges gepreek het en selfs bose geeste uitgedryf het.
Jesus het 'n plan gehad en Hy het geweet wat nog gedoen moes word. Party van ons
soek vandag nog na God se plan vir ons.
Ander weet wat die plan is, maar het afgedwaal. Tensy ek en jy tyd met God spandeer, sal ons
eerstens nooit weet wat die plan is nie en tweedens maklik toelaat dat ander
ons van koers af dwing met hul planne en praatjies.
Baie van ons
foute word onder druk gemaak, nie as gevolg van die antwoord op gebed nie. God het vir elkeen van ons ‘n plan en elkeen
se skedule en roete is anders. Jou plan
en skedule gaan nie vir my werk nie en andersom ook nie.
Ons wil so
maklik mense rondom ons gelukkig maak en eintlik behoort ons net vir God
gelukkig te maak deur die pad te stap wat Hy vir ons in gedagte het. Dan is alles soveel makliker en nie ‘n
voortdurende stryd nie.
No comments:
Post a Comment