Handelinge 11 : 2 En toe Petrus opgaan na Jerusalem, het die
wat uit die besnydenis was, met hom getwis
Dalk voel jy
ook soos Petrus ‘who is just minding his own business’, maar mense val hom aan.
Op ‘n stadium
is Jesus in die tempel. Dit is die
Sabbatdag, ‘n dag van rus. Jesus, iemand
wat maklik medelye op aarde betoon het en net goed gedoen het, sien ‘n man met
‘n melaatse hand. Jesus vra hom om sy
hand uit te steek en onmiddellik is die hand genees. Die gelowige leiers, die Fariseërs, was ook
daar en hulle het nie van Jesus gehou nie.
Al fout wat hul kon vind, was dat Hy die genesingsdaad op die Sabbatdag
gedoen het en daarom dring hul aan op ‘n verduideliking.
Jy kan soveel
goed doen as wat jy wil… jy kan so reg as moontlik leef… daar sal altyd mense
wees wat nie van jou hou nie en daar sal altyd mense wees wat fout vind. Glo my, selfs al verander jy en maak soos hul
wil hê, sal hul steeds iets anders vind om jou oor aan te vat. Die probleem kom wanneer ons toelaat dat
hierdie mense ons onderkry. Jy kan
jouself ‘n hele klomp pyn en hartseer spaar deur te leer om hierdie stemme van
kritiek te ignoreer. Jy het nie hul
goedkeuring nodig nie, net God s’n.
Selfs al stel hul jou in ‘n slegte lig, wees beter as hulle deur God toe
te laat om jou gevegte te veg. Hoe meer
hul slegpraat, hoe meer sal God jou seen.
Hulle kan jou probeer afbreek, maar God sal jou ophef.
Die lewe is
nie regverdig nie. Mense is nie
regverdig nie. Net God is
regverdig. Bly in Sy Woord en doen wat Hy van jou verwag, nie wat
mense van jou verwag nie.
No comments:
Post a Comment