Wednesday, 28 March 2018

Bekommernis


Spreuke 12:25  Bekommernis druk 'n mens neer; 'n vriendelike woord vrolik hom op.

Worry never robs tomorrow of its sorrow, it only saps today of its joy – Leo Buscaglia

Ons was al almal een of ander tyd daar… die vallei van verlatenheid.  Daardie plek waar alles hopeloos lyk en jy nie enige uitkoms sien nie.  Ons ontwikkel tonnelvisie en sien niks anders as die probleem nie.  Vir meeste van ons is dit nie ‘n tyd vir glimlag nie.  Alles is donker.  ‘n Kombers van depressie omvou jou. 

Miskien is dit waar jy jou vandag bevind.  Jy sien geen rede om aan te gaan nie.  Die lig in die tonnel is vir jou ‘n aankomende trein. 

Probleme wat ons daagliks teëkom, steel dikwels onnodig ons vreugde.  Uitdagings kan nie altyd vermy word nie.  Hoe ons daarop reageer sal egter beslis hoe ons dag verloop.  Die probleem is steeds daar, maar dit hoef nie jou bestaan te oorheers nie.


"Moet nooit môre se bekommernisse met vandag se genade probeer dra nie..." ¬ Anoniem

Tuesday, 27 March 2018

Miracles



Miracles are a retelling of the very same story which is written across the whole world in letters too large for some of us to see... ~ CS LewisJohn

Tunnel vision, due to what we are going through, can prevent us from noticing miracles.  Miracles are there, we are just noticing them anymore.  The earth is spinning in the middle of nowhere and nobody is falling off.  Waves know exactly how far to roll onto the shore.  If you look at the quality of a photo compared to what the human eye detects, you stand in awe that the human brain can translate that into pictures with so much detail…  Every Spring trees bloom, come Fall, they lose their leaves…  A tiny newborn animal that stumble onto its wobbly legs minutes after being born and knows exactly where to find nourishment without a word being said… That babies don’t drown or suffocate in a mother’s womb…  That a heavy iron ship can float…

Open your eyes to the miracles… they’re there all the time.

'Miracles happen to those who believe in them...' ~ Bernard Berenson

Monday, 26 March 2018

Kettings


Matteus 19:26  Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

"Die grootste gevaar is nie dat 'n mens misluk nie, maar dat jy tevrede kan wees met tweede beste..."  ¬ Laurence Peter

Wanneer jy met mense gesels kom jy gou agter dat ons almal op die een of ander manier vasgeketting is.   Ons sal altyd bly waar ons is, want ons is te bang om te misluk.

Party is vasgeketting aan die verlede.   Wat in hul verlede gebeur het, keer dat hul vooruitgaan.  Daar is altyd twyfel oor hul vermoëns, want iemand het in die verlede vir hul gesê dat hul nie goed genoeg is nie. 

Ander is vasgeketting in verhoudings.  Eintlik is dit lankal nie meer ‘n verhouding nie.  Dis net twee mense wat mekaar op elke moontlike manier misverstaan en seermaak. 

Dan is daar diegene wat vasgeketting is aan hul werk.  Jy werk omdat jy moet, nie omdat jy wil nie.  Jy troos jouself dat dit darem ‘n inkomste bied, maar daar is geen uitdaging of bevrediging nie.  Soggens moet jy jouself dwing om op te staan en nog ‘n dag in die oë te kyk, wel wetend dat niks opwindend voorlê nie.

Vir nog iemand is dit verslawing. Of dit nou drank, dwelms, pornografie, dobbel, of wat ookal is, is irrelevant.  Jy weier om te erken jy het ‘n probleem, ten spyte van die feit dat dit jou hele lewe oorgeneem het.  Jou verslawing benadeel almal om jou, maar dit pla jou nie in die minste nie. 

Iemand vra my nou eendag of ek al gewonder het hoe dit moontlik is dat ‘n sirkus olifant nooit losbreek van daardie ketting waaraan hy vasgemaak is nie?  Dit is omdat die olifant gekondisioneer is om te glo dat die ketting daar is om hom te hou waar hy hom bevind… dat dit sy lot is en dat hy dit eenvoudig moet aanvaar.  Die olifant is baie sterker as daardie ketting en as hy wou, kan hy maklik die kettings afgooi.

Is dit nie ook met jou kettings die geval nie?  Jy kan jou kettings afgooi, maar jy is gekondisioneer om jou lot te aanvaar.

Jy glo dat jy nie kan wegbreek nie, net soos die sirkus olifant, maar by God is alles moontlik.  “We forget that IMPOSSIBLE is one of God's favorite words” ― Max Lucado  ‘n Swak selfbeeld… g’n probleem vir God, ‘n wankelende huwelik… daar’s hoop by God, jou werksomstandighede…  God kan vir jou onmoonlike deure oopmaak , jou verslawing…God kan jou verlos. 

NIKS is by God onmoontlik nie.


Sunday, 25 March 2018

Jy is 'n wenner


Spreuke 3:5  Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.

“Challenge your limits don’t limit your challenges…” – Juan de Jongh

Jy is tot soveel meer in staat as waarvoor jy jouself krediet gee.  Hoekom is jy altyd jou eie grootste kritikus?  Hoekom twyfel jy aan jou vermoëns?  Hoekom is jy so hard op jouself?

Vir soveel jare oorleef jy al… oorwin jy terugslae… staan jy elke keer op… maak jy dit ten spyte van alles wat teen jou tel.  Jy het soveel om op trots te wees.  Al het jy geval, het jy altyd weer opgestaan.  Niks kon jou nog ooit onderkry nie.

Min mense weet waardeur jy gaan, want jy kla nooit.  Die feit dat jy opstaan en aangaan al is jy gekneus deur die lewe, wys van watter staal jy gemaak is.  Dit was nooit ‘n maklike pad nie, maar jy het hom gestap met jou kop omhoog. 

Jy is ‘n wenner.  Sê dit vandag vir jouself.  Neem volle krediet daarvoor, want God maak nie foute nie.  Hy’t jou geskape met alles wat jy nodig het om enige probleem te oorkom.

Thursday, 22 March 2018

Vriende


Johannes 15:13  Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.

“Don't walk behind me; I may not lead. Don't walk in front of me; I may not follow. Just walk beside me and be my friend…” ~ Albert Camus

Ware vriendskap is skaars.  As jy een opregte vriend teëkom op jou lewenspad, vertroetel daardie vriendskap.  Jy kan baie kennisse hê, maar ware sielsgenote is skaars. 

Die beste raad om ‘n ware vriend te vind, is gewoonlik om ‘n ware viend te wees.

‘n Vriend weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly.  ‘n Vriend kan jou vertroos sonder woorde.  ‘n Vriend is iemand wat daar is in die goeie, maar veral die slegte tye.  Ware vriende huil en lag saam.  Vriende oordeel nie. 

‘n Ware vriend sal jou prys, maar is ook nie skaam om jou te kritiseer nie, want hulle doen dit met liefde en omgee.  ‘n Vriend bemoedig jou en gee nie om as jy 4h00 in die oggend bel vir raad nie, want ‘n vriend is altyd daar.

As jy een opregte vriend het, is jy nie net gelukkig nie… jy is bevoorreg.  As jy daardie vriend is, soveel te beter.

Jesus was so ‘n virend.  Hy sou Sy lewe vir Sy vriende aflê... letterlik.

Watter tipe vriend is jy?

Tuesday, 20 March 2018

'n Kwessie van perspektief


“A truly happy person is one who can enjoy the scenery on a detour…”  ~ Anonymous

Partykeer werk ons weldeurdagte planne nie uit nie en dan is ons teleurgesteld.  Een ding moet ons egter besef, die lewe is nie ‘n reis met ‘n vasgestelde reisplan nie.  Dit is eerder ‘n avontuur waar jy selde weet wat volgende op jou wag.  Die goeie nuus is dat God goeie planne vir ons het volgens Jeremia 29 : 11. Vir die wat glo, werk alles uiteindelik ten goede mee.

Sommige dele is amper vervelig, maar dan kry jy daardie tye waar jy moet klou vir lewe en dood.  Partykeer bevind jy jouself in dorre woestyne en ander kere weer in ‘n tropiese paradys.  Langs die pad ontmoet jy verskeie mense.  Party sal saam met jou reis en as jy gelukkig is, ontmoet jy daardie een spesiale reisgenoot wat die pad enduit stap en jou reis die moeite werd maak.

Natuurlik sal jy ook diegene teëkom wat jou uitput en beproef.  Hulle dreineer jou met hul negatiwiteit of soms irriteer hulle jou net sonder dat hul enige iets doen.  Ander wil jy baie graag by jou hou, want hul bou jou op en laat jou verlang om in hul geselskap te wees. 
Enige reisiger verdwaal soms.  Dis egter nie altyd ‘n probleem nie, want soms ontdek jy weggesteekte juweeltjies en as jy terugkyk is jy eintlik dankbaar vir die foutjie.  Ja, ons maak foute en neem verkeerde besluite (afdraaie)… ons lees die kaart van die lewe verkeerd, maar dikwels kyk ons met ‘n glimlag terug en erken dat die reis die moeite werd was. 

Dit is alles net ‘n kwessie van perspektief.  Hoe kyk jy na die lewe?

"As jy nie die hele pad wil aandurf nie, waarom hoegenaamd wegtrek?"  ¬ John Namath

Monday, 19 March 2018

Bulte


Jesaja 45:2  Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak

Oefening is nie my ding nie.  Ek raak sommer byvoorbaat moeg, maar in ‘n huwelik moet jy gee en neem.  Manlief hou van ‘n meer aktiewe lewensstyl.  So stem ek in om saam met hom fiets te ry.

Mense, as ek maar geweet het wat vir my wag.  Die gelykpad kan nog gaan… ek verbeel my amper dat ek dit geniet, maar daardie bulte!  Ek blaas en sweet agter hom aan.  Hygend hert!

“Is jy ok?” kom Manlief se stem na my. 

Ek knik net my kop, daar’s nie krag vir praat ook nie.  Hoe ver nog, wonder ek terwyl ek weet ons het nog skaars begin.  My bene voel soos lood.  En ek sit moeilik.  Ek is seker daarvan die saal het in ‘n ysterpyp verander. 

“Wil jy nie stop vir ‘n bietjie water nie?” 

Ek beduie nee en trap verwoed.  Gee en neem, gee en neem, maal dit in my kop terwyl my bene ritmies op en af beweeg.  Hierdie bulte!  Kan ons nie maar iewers ry waar daar geen bulte is nie?

In die lewe is daar ook bulte en gelyktes.  Partykeer voel dit of ons ook die een bult na die ander uitbeur.  Ons sukkel finansiëel… alles wat kan verkeerdgaan, gaan verkeerd… Dit voel of alles en almal teen ons is.  Ons kom net nie voor nie.  Ons vee denkbeeldige sweet af. 

Miskien is dit waar jy jou op die oomblik bevind.   Wanneer ons te veel gelykpad ry, dink ons dat ons op ons eie kan klaarkom.  En so dwaal ons af.  Dis tyd om terug te draai na daardie plek waar jy jou afhanklikheid van God besef.  Ken God in alles en Hy sal jou paaie gelykmaak.

Ry ons nog fiets?  Nee, want ek het ‘gelukkig’ soveel pap wiele gekry dat Manlief moeg geword het vir die aktiwiteit.  Ons stap nou in die natuur… waar daar selde gelyktes is.

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...