Spreuke 16 : 3 Laat wat jy
doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.
Geluk is soos die
spreekwoordelike pot goud aan die einde van die reënboog. Hoe meer jy daarna soek, hoe minder vind jy
dit, want dit is al die tyd binne jouself.
Min mense sal dit glo. Hulle glo
dat hulle gelukkig sal wees as hul net eers klaar is met skool, ‘n (ander) werk
gekry het, getroud is, die nuwe motor kan koop, uiteindelik ‘n huis kan koop,
oorsee kan gaan... En so vlieg die lewe
verby terwyl jy onvergenoegd bly.
Geluk
is binne jouself. Dit kan nie gekoop
word nie en dit hang ook nie van ander af nie.
Jy is vir jou eie geluk verantwoordelik en jy kan uitbundig gelukkig
wees. Neem ‘n wilsbesluit. Ek gaan van vandag af gelukkig wees,
want... Tel jou seëninge. Kyk rondom jou. Vind jou vreugde in die klein dingetjies.
No comments:
Post a Comment