Spreuke 29 : 17 Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel
vreugde verskaf.
‘n Wyfie kameelperd gee
geboorte terwyl sy staan wat tot gevolg het dat ‘n baba kameelperd se eerste
ervaring ‘n val van bietjie meer as ‘n meter is. Wat 'n manier om die wêreld binne te kom!
Byna katswink strompel die
baba op sy vier beentjies. In plaas van ‘n
liefdevolle lek as troos, stamp die wyfie die kleintjie sodat hy val en weer
moet opstaan. Hierdie onsimpatieke
behandeling word ‘n hele paar maal herhaal totdat die kleintjie te moeg is om
te staan en eenvoudig bly lê. Eers dan
sal die ma nader staan en die kleintjie lek om hom aan te moedig om op te
staan. Die keer sal sy hom nie weer
omstamp nie.
Die rede hiervoor is
oorlewing. Dis uiters belangrik vir ‘n
kameelperd om te leer om so vining as moontlik op sy voete te kan kom. Die wyfie se skynbare harteloosheid is
inderdaad ‘n daad van liefde.
As ouers het ons ook ‘n
verantwoordelikheid om ons kinders voor te berei op die lewe. Soms is dit nodig om ‘tough love’ toe te
pas. Ongelukkig wil ouers deesdae eerder
vriende wees met hul kinders en daarom ontneem hul hul kinders dikwels die
voorreg om lesse te leer wat hul lewens kan red. Genoeg liefde is die veiligheidsnet vir
daardie lewenslesse.
Arabiese spreekwoord: “Sometimes, in order to teach something
good,you have to be a little rough.”
No comments:
Post a Comment