Wednesday, 9 April 2014
Die Here is groot
Psalm 35:27 Maar dié wat wil hê ek moet vrygespreek word, laat hulle juig en bly wees, laat hulle altyd weer sê: “Die Here is groot. Hy sorg dat sy dienaar vrede het.”
Die volk het ‘n instruksie ontvang om oral waar hul gaan heeldag die refrein te herhaal: “Die Here is groot…” Dit maak sin, want as jy lank genoeg aanhou om iets te herhaal, gaan dit jou werklikheid word.
Bekommernis annekseer dikwels ons denke. En hoe meer ons daaraan dink, hoe meer grotesk word die probleme. Kenners reken 90% van dit waaroor ons, ons bekommer gebeur nooit. Wat ‘n vermorsing van ons tyd, om nie te praat van wat dit aan ons liggaam doen nie. Ons stress aanmekaar… oor alles. Daarom kan mens hierdie negatiewe gedagtes as toksies beskou.
Genadiglik kan ons dit omkeer deur hierdie toksiese gedagtes met iets baie meer positief te vervang. Sing lofliedere terwyl jy bekommerd is… resiteer teksverse in jou gedagtes. My gunsteling is: “Die Here is my herder, NIKS sal my ontbreek nie.” En ek sing graag: “Prys die Here, Hy is goed…”
Jy kan dit op die proef stel. As jy op die oomblik slaaplose nagte deurworstel omdat jy bekommerd is oor jou skuld en al kan sien hoe al jou besittings gekonfiskeer gaan word, dan gaan dit binnekort gebeur. Probleme sal daar altyd wees, klein of groot, hulle het die manier om ons lewens te versuur, maar jy sien… geen probleem is groter as ons God nie.
Wees jy net gehoorsaam. Jou deurbraak is om die draai. Onmoontlik, dink jy. Wel, dan sal dit onmoontlik wees, maar as jy God begin prys en ‘n deurbraak begin visualiseer deur jou op die beloftes in Sy Woord te beroep, kan jy maar weet voorspoed is jou voorland. Al is jy rasend bekommerd, prys Hom vir Sy goedheid… Al sien jy geen beweging nie… prys God… Moenie op mense staatmaak nie… wag op God.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Hemelse Vader, vandag is my huweliksdag en my hart jubel van vreugde en geluk. Gee dat die vreugde van hierdie dag nooit sal verdof of oms...
-
Psalm 23 : 6 Net goedheid en guns sal my volg, al die dae van my lewe Daar is soveel mense wat geluk najaag, wat wonder wanneer hul ski...
No comments:
Post a Comment