Tuesday, 8 April 2014

Geloof wat berge beweeg

Matteus 21 : 21 Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur. Cynthia het altyd geweet dat daar vir haar uitkoms sou kom. Op ‘n dag neem sy ‘n stukkie papier en ‘n skryf 'n bedrag daarop. Daarna plaas sy die stukkie papier onder haar kopkussing. Elke aand as sy gaan slaap, het sy aan die moontlikheid gedink dat sy hierdie bedrag iewers vandaan sou kry. Binne drie weke wen sy presies hierdie bedrag in die Nasionale Lotery in Amerika. Wenners het ‘n keuse tussen ‘n lewenslange inkomste of ‘n eenmalige kontant uitbetaling. Sy het laasgenoemde gekies, maar sy het die wengeld in drie dele verdeel tussen haarself, haar broer en haar pa. Persoonlik weier ek om ‘n Lotto kaartjie te koop, maar ek wil hiermee twee punte uitlig. Die eerste is die krag van geloof waarvan ons in Matteus lees. Ons kan enige iets doen as ons net glo dit kan gebeur deur met ons hele wese daarop te fokus. As Christen beteken dit gebed en onwrikbare geloof dat God vir jou sal deurkom, ten spyte daarvan dat dit op die oog af onmoontlik voorkom. Die tweede is die feit dat jy nie net aan jouself moet dink nie. Sy kon al hierdie geld vir haarself gehou het, maar sy het geweet dat sy meer as genoeg het en dat sy gevoel het sy moet vir hulle gelyke dele van haar wengeld gee. Daar is vele verhale van mense wat ten spyte van groot hoeveelhede geld wat hul gewen het, nooit geluk gevind het nie… sommige het selfs alles binne ‘n paar jaar verloor. Brad Duke het $220 300 000 miljoen gewen. Die eerste drie weke nadat hy gewen het, het hy absoluut niks met die geld gedoen nie. Hy het eers behoorlik sy opsies oorweeg en toe mense aangestel om hom te help om die geld te bestuur. Daarmee het hy verskeie besighede begin, ook ‘n paar wat net daarop ingestel is om ander te help. Die laaste voorbeeld van die byna onmoontlike wat gebeur is van Grace en Zatera Spencer in Virginia wat onlangs drie maal in een maand gewen het… R10 000 000 in ‘n Powerball spel, R5 000 000 die Virginia “Pick 4” en toe weer R10 000 000 met ‘n krapkaart. Ek glo nie vir een oomblik dat die Lotto of dobbel die oplossing vir enige probleem is nie en sal enige iemand ontmoedig om ooit daarby betrokke te raak, want jou hoop en vertroue behoort slegs op God ingestel te wees, maar in ‘n wêreld waar daar soveel slegte nuus is, is dit verfrissend om ‘n bietjie goeie nuus te deel. Ja, berge kan beweeg word - deur vaste geloof.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...