Thursday, 3 April 2014

Laat die motief liefde wees

1 Korintiërs 16:14 Laat alles by julle in liefde geskied

As ouers het ons die verantwoordelikheid om ons kinders in liefde tot verantwoordelike volwassenes te lei.  Kinders gaan die grense toets, hulle gaan dinge doen wat hulle nie veronderstel is om te doen nie, hulle gaan dalk ongehoorsaam wees en daarom gaan dit nodig wees dat ons hul sal moet leer wat aanvaarbaar is en wat nie.  Selfs tweelinge verskil, so ons moet ons kinders so goed leer ken dat ons weet wat sal werk om die boodskap hard en duidelik oor te bring dat hul gedrag onaanvaarbaar is.  Onthou altyd dat liefde die motief moet wees in alles, veral gedurende hierdie tye.  Daarom is dit van kardinale belang om die kind ook te prys wanneer hy/sy iets regdoen.  Geleerdes praat van die 5:1 reël.  Vir elke keer dat jy dissiplineer of teregwys, moet jy die kind vyf keer prys.

Konsekwente optrede is ook nodig, want dit skep sekuriteit vir die kind.  Dis ook belangrik dat ma en pa nie voor die kinders verskil nie. 


Skep vir jou kinders ‘n veilige omgewing om ‘n eie persoonlikheid te ontwikkel en om die mens te word wat God hul bestem het om te wees.  En onthou… die grootste geskenk wat jy jou kind kan gee, is om lief te wees vir jou huweliksmaat.  

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...