Sunday, 6 April 2014

Sing 'n loflied

Jakobus 5 : 13  As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid.  As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing.

Die lewe het nou maar eenmaal die manier om jou, wanneer jy dit die minste verwag of nodig het, ‘n skuinsklap te gee.  Ons het geen keuse of beheer oor dit wat met ons gebeur nie, maar ons kan kies hoe ons daarop reageer.

Ons stoof het byvoorbeeld verlede week eenvoudig besluit hy is nie meer lus om te doen wat ‘n stoof veronderstel is om te doen nie.  Ek kan nou lang klaagliedere oor die versekering en kontrakteurs hier kwytraak, maar dit gaan nie die stoof regkry nie.  In plaas daarvan om toe te laat dat hierdie situasie my onderkry en my vreugde steel, het ek besluit om lofliedere te sing.  Elke keer dat ek gedagtes van mismoedigheid my wou oorweldig, het ek begin sing.  Die wonder hiervan is dat jy nie kan lofliedere sing en negatiewe gedagtes koester terwyl jy dit sing nie.  Natuurlik het ek gebid en kan ek getuig God kom altyd deur, selfs vir iets so eenvoudig soos ‘n stukkende stoof.


Ons moet ook altyd onthou dat ons kinders sien hoe ons hierdie krisisse hanteer.  Dis ‘n geleentheid om jou kind eerstehands God se versorging te laat ervaar.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...