Matteus 21 : 2-5
en vir hulle gesê: “Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos
julle inkom, sal julle daar 'n donkie kry wat vasgemaak is, en 'n vul by haar.
Maak haar los en bring hulle vir My.
En as iemand vir julle iets daaroor sê, antwoord dan: Die Here het hulle
nodig, en Hy sal hulle gou weer terugstuur.” Dit het gebeur sodat die uitspraak van die
profeet vervul sou word: “Sê vir
Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe; Hy is nederig en Hy ry op 'n donkie, op
die vul van 'n pakdier.”
Die
dissipels is toe daar weg en het die donkie gevind en hom na Jesus
gebring. Hulle het hul eie boklere op
die donkie gesit en Jesus het daarop gaan sit.
Soos Jesus Jerusalem binnegery het, het die skare ook hul boklere op die
pad voor Jesus gegooi en ander het palmtakke (wat as ‘n teken van vrede beskou
is), voor die donkie gegooi. Terwyl
Jesus voortgery het, het hy lofprysing aan Sy Vader betoon. Almal het gewonder wie hierdie man is. Daar was darem party wat geweet het en
geantwoord het dat Hy Jesus die profeet uit Nasaret in Galilea was.
Jesus
sou uiteindelik die Lam word wat ter slagting gelei word na die kruis. Interessant om te onthou dat die Israeliete
destyds 'n lam geslag het en die bloed aan hul deurkosyne gesmeer het om hul te
beskerm. Ook Sy bloed sou ons uiteindelik beskerm.
Wie
sou ooit kon dink dat dieselfde skare wat hom vereer het toe Hy op Palm Sondag deur Jerusalem binnegery
het, later sou uitroep: “Kruisig Hom!” (
Matt 27:23)
Maar
soos ons in die teks hierbo lees, was dit ‘n plan wat God al eeue gelede in
plek gehad het.
No comments:
Post a Comment