Sunday, 4 May 2014

As ons sein verloor



Psalm 62 : 2  Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding.

John Bunyan het teen die goddeloosheid van die mense van sy tyd gepreek en daaroor het die owerhede hom in die tronk gestop.  Meeste van ons sou opstandig geword het of gevoel het dat die lewe onregverdig is en teesinnig tronk toe gegaan het waar ons verbitterd in ons hoekie sou bly sit het, nie Bunyan nie. Hy het die tronk omskep in ‘n plek van aanbidding, lofprysing, dienslewering en kreatiwiteit.  Gedurende hierdie tyd het hy dan ook die boek “Pilgrims Progress” geskryf.

Wanneer ons deur beproewing gaan, is ons geneig om verlate te voel.  As jy later daarop terugkyk, besef jy dat dit ‘n ongelooflik bevoorregte posisie was om in te wees, want dis die tyd dat jou en God se verhouding op sy beste was.

Ons almal kry tye dat ons sukkel om daardie verhouding in stand te hou.  Soms het ons die beste intensie, maar die vyand sorg dat jy besig gehou word.   ‘n Radio of TV verloor ook soms sein en dan moet dit net weer ingestel word.  So moet ons net weer ons fokus verskuif na God.

Dis immers al waar daar ware rus is, te midde van angstigheid en pyn.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...