Monday, 5 May 2014

Verkiesingstyd



2 Kronieke 34 : 3 In die agste jaar van sy regering, toe hy nog 'n jong man was, het hy begin om die God van sy voorvader Dawid te dien, en in die twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te suiwer van hoogtes, gewyde pale, gesnede en gegote beelde.
Môre moet jy jou kruisie gaan trek.  Die afgelope tyd is ons oorweldig deur advertensies, verkiesingsveldtogte en debatte;  almal daarop gerig om jou te oortuig dat hul die regte party is om voor te stem.  Hoe kies jy vir wie om te stem?  Is dit die moeite werd om te stem?
Die keuse bly joune, maar my stem gaan vir ‘n party met God-gerigte waardes.   Josia was so ‘n regeerder.   Vir hom het dit daaroor gegaan om God se plek in die land te herstel.
Regdeur die Bybel kry ons met regverdige sowel as onregverdige regeerders te doen.  Korrupsie en selfsug onder diegene in magsposisies is niks nuuts nie.
As jy geregistreer het, hoop ek jy maak môre jou kruisie vir God.   Bid vir diegene aan die stuur van sake dat hul onder leiding van die Drie-Enige-God sal regeer.
Psalm 72 :7 Mag die reg onder sy regering floreer en mag daar vir altyd groot voorspoed wees.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...