Efesiërs 5 : 15 Wees
versigtig hoe julle lewe; nie soos onverstandige mense nie, maar soos
verstandiges.
Jonathan Edward was ‘n man
wat sy Godgegewe intellektuele vermoëns ten volle gebruik
het. Op 13 is hy toegelaat tot Yale
universiteit. Op 17 het hy sy graad cum laude behaal en op 26 was hy leraar van een van die
grootste gemeentes in Massachusetts. Hy
was ‘n briljante filosoof en leraar wat vroeg in sy lewe reeds besluit het dat
elke minuut van jou lewe saakmaak en dat jy die beste daarvan moet maak.
Maak jy die beste gebruik
van elke minuut van jou dag of bestaan jy bloot van die een minuut na die
volgende, die een dag na die ander?
Droom jy drome wat jy najaag, of bly dit bloot drome? Wat doen jy om seker te maak dat nie een
oomblik van jou lewe vermors is nie? So
logies as wat dit is, besef min mense dat jy die minuut wat so pas verby is, nooit
weer kan terugkry nie.
As jy vir Joost van der
Westhuizen sou vra hoe belangrik hy elke minuut van sy lewe ag, is ek seker
daarvan hy sal jou oortuig dat tyd uiters kosbaar is as jy weet jy ly aan ‘n
ongeneeslike siekte.
Laat elke minuut tel.
No comments:
Post a Comment