Thursday, 8 May 2014

Ma-wees



Spreuke 31: 27 – 28  Sy hou goeie toesig oor haar huishouding. Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar.

Sondag vier ons Moedersdag.  Moederskap bied sy eie uitdagings in vandag se lewe, maar dit bly die beste beroep ter wêreld.  Jy moet ‘n sagte stem, hand en hart hê… genoeg empatie en wysheid… nie ‘n gryntjie selfsug nie… teerheid en selfbeheersing… geloof en vertroue in God, maar bowenal ‘n onuitputbare bron van liefde.

Erma Bombeck het gesê:  “Moederskap vereis 180 beweegbare dele, 3 paar hande en 3 paar oë.”

Ma-wees gaan nooit vir jou ‘n Nobelprys toekenning besorg nie, maar ‘n verlepte blommetjie uit ‘n vuil handjie, of ‘n kaartjie met spelfoute en al wat hul liefde vir ma besing, of ‘n poging om ontbyt te maak, al moet jy na die tyd opruim, is meer werd as goud en korale. 

Ma-wees verwag niks terug nie.  Dit beteken dat jy gee omdat jy besef dat jou moederskoot begenadig is, nie omdat jy ‘n beter ma sou wees nie, maar omdat God dit so bestem het.

Ma-wees beteken nie dat jy volmaak is nie… of dat ‘n kind se woorde jou nooit gaan seermaak nie… dit beteken nie dat jy nie met gespitste ore sit en wag dat die telefoon of voordeurklokkie lui nie… dit beteken maar net dat jy ‘n ma is.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...