Psalm 37 : 23 Die Here bepaal die koers van die
mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.
Soms voel dit vir ons asof
ons van God en mens verlate is; asof alles verkeerd gaan. Dit voel dalk vir jou of die wiele van jou
lewe besig is om af te kom.
‘n Vriendin van my het onlangs afgetree en
haar aftreegeldjies gebruik om ‘n eie besigheid te koop. Kort voor lank het sy agtergekom hoe mense
haar mislei het, van die man wat die vatbaarheidstudie gedoen het, tot die
agent en die verkoper. Toe sy agterkom
dat sy ‘n kat in die sak gekoop het, was hul almal fort… met haar pensioen in
hul sak. Sy staan op die punt om alles
te verloor. Sy werk haar oor ‘n mik, kom
met innoverende idees na vore om die besigheid se omset te verhoog, maar op die
oomblik is dit ‘n kwessie van oorlewing.
Buitendien het die verhuurder geen simpatie met haar nie, en sy voel
verantwoordelik vir haar personeel wat van haar afhanklik is vir ‘n
inkomste. Sy is mismoedig en
teleurgesteld in mense en tot die dood moeg gewerk in ‘n tyd dat sy eintlik
moes kon agteroorsit en haar silwer jare geniet.
Dalk voel jy vandag asof jy
moeg gesukkel is, dat dit darem hoogtyd is dat die gety draai.
No comments:
Post a Comment