Jakobus 1 : 2-3 My broers, julle moet baie bly wees wanneer
allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die
toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.
Al probeer ons hoe hard, is
dit menslik byna onmoontlik om voortdurend in geloof te volhard. Sodra ‘n transaksie verkeerdloop, of die
medikasie ons nie genees nie, of ons bid vir uitkoms wat net nie wil kom nie,
gee ons boedel oor en beskuldig God dat Hy nie omgee of ons nood raaksien nie.
Nou lees ons in Jakobus dat
ons moet bly wees as beproewings oor ons pad kom. Ons hoop dan juis op ‘n probleemvrye lewe,
dat ons uiteindelik die lig aan die einde van die tonnel waarin ons onsself
bevind kan bereik... as’t ware ‘arrive’.
God praat nie van ‘n kitswen oor 100 m nie, hy praat van ‘n langafstand marathon, volharding tot die einde, ten spyte van teenslae.
Onlangs het ek 6 volle
maande vir uitkoms gebid. Na twee maande
het ek besluit dat die saak te groot is vir my en dat ‘n voortdurende gekerm
vir uitkoms God nie beweeg nie. Uiteindelik het ek erken dat ek te swak is vir
die saak en in soveel woorde vir God gesê:
“U sê mos in Petrus werp al jul bekommernisse op My, so hier is die probleem. Dis nie langer my probleem nie, want U sê ook: want ek sorg vir
julle.” So U weet presies wat ek nodig
het. Dit het God nog 4 maande geneem om
vir my deur te kom, maar toe Hy deurkom was dit op die dag en datum wat dit
nodig was. “God is never late, but He is mighty slow,” het iemand eendag gesê,
iemand met insig in hoe betroubaar Hy is.
No comments:
Post a Comment