Thursday, 19 June 2014
Afhanklikheid
Matteus 5 : 3 “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
Dit mag dalk teenstrydig klink, maar ek besef hoe totaal en al afhanklik ek van God is (ten spyte van my impulsiwiteit). Ek weet dat ek absoluut niks kan bereik of regkry sonder Hom nie. Ek sien myself bloot as ‘n instrument in ‘n Meester Kunstenaar se hande. Alhoewel ‘n kunstenaar gereedskap gebruik, word die gereedskapstuk nooit vermeld op die kunswerk nie. Dis nie nodig nie. God verdien die eer, en Hy alleen.
Alles wat ek of jy besit (hoe min of hoeveel is irrelevant), alles wat ons bereik het (hoe gering of fenominaal ookal), alles wat ons oor droom (groot of klein), alles wat ons voor hoop, kom tot vrug deur God.
God bring iemand oor jou pad en skielik val alles in plek. God maak deure oop wat jy nooit sou oorweeg het nie. Hy bring geleenthede oor jou pad en jy kan nie glo waartoe jy in staat is nie. Afhanklikheid is nie ‘n swakheid nie, dis menswees.
Niemand mag ooit so arrogant wees om te dink dat hy of sy alles op eie stoom en krag bereik het nie. Dank God vir die seëninge in jou lewe en onthou om nederig te bly.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Deuteronomium 11 : 19 “Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap ...
-
Matteus 7 : 5 Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te ha...
No comments:
Post a Comment