Spreuke 14 : 10 Net
'n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed
Bitterheid kan jou lewe
oorneem. Ons almal word getreiter deur
onregverheid wat ons so duidelik onthou ander teenoor ons gepleeg het, asof dit gister was. Dis egter nie nodig om dit voortdurend te
onthou om selfs daaroor te praat nie.
Dalk besef jy nie eens dat jy
bitterheid koester nie. Toets jouself
deur na jou eie gesprekke te luister.
Wanneer jy jouself betrap dat jy voortdurend na een of meer negatiewe geleenthede
uit die verlede verwys tydens gesprekke, is dit tyd om jou gedagtes te
ondersoek. Sulke gedagtes vergiftig jou
sisteem. Dit bly jou terughou en kan
selfs die oorsaak wees dat jy nie weer geluk kan vind nie.
Ja, dit wat jou oorgekom het is nie
regverdig nie. Jy het dit nie verdien
nie, maar probeer om ‘n ander perspektief te ontwikkel. As jou man jou verlaat het, dink aan jou lewe
nou, en jou lewe toe. Wil jy regtig so
iemand in jou lewe hê? As jy onregverdig
afgedank is, dink aan hoe jy behandel is.
Was dit nie dalk ‘n bedekte seen nie.
As jy jou motor, huis, besittings verloor het… dalk het daardie
besittings jou van God weggehou.
Jy kan natuurlik teenargumente hê en
bitter bly, of jy kan begin om God se hand van bewaring en Sy ondersteuning
deur dit alles raak te sien. Hy het
immers net goeie planne vir jou ingedagte…
No comments:
Post a Comment