Wednesday, 18 June 2014

Platgeslaan



Psalm 22 : 2  My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep? 

Om werkloos te wees… om deur ‘n egskeiding te gaan… om aan ‘n terminale siekte te ly… dis genoeg om enige mens in mismoedigheid na God te laat uitroep.

Job het ook so gevoel.   Die eerste 37 hoofstukke stry Job 'n eensame stryd.  Dan lê sy sogenaamde vriende ook nog eiertjies… "dis omdat jou geloof nie sterk genoeg is nie, Job"… "jy doen nie genoeg vir die armes nie…"  "jy bid nie genoeg nie…"   As jy in ag neem dat God die duiwel toegelaat het om Job te treiter, dan sal jy hoop dat God vir Job sal intree, maar wanneer God wel antwoord, is dit met teenvrae.  Dit laat jou dink dat God nie omgee vir Job nie, maar dan kom Job 38-41 waar jy besef dat God Job nooit alleen gelaat het nie.  Hy was voortdurend daar.  

Wat jou stryd ook al is, ek wil jou herinner dat God ook vir jou daar is.  Hy weet presies waardeur jy gaan... of dit 'n geliefde wat jy aan die dood afgestaan het... of dit 'n kind is wat jou vergeet het... of dit finansiele noodis...al is dit net dat jy onregverdig behandel word, of na liefde smag, of eensaam is. 

1 Korintiërs 10 : 13 Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...