Psalm 74 : 17 U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand.
Daar is soveel onbenutte potensiaal binne jou opgesluit. Jy het nog nie naastenby jou vervaldatum
bereik nie.
Die feit dat maatskappye personeel
vroeë aftrede aanbied terwyl hul die fleur van hul lewe bereik het, of dat jy
jou normale aftrede bereik het, beteken nie jou lewe is nutteloos nie. Jy betree bloot ‘n nuwe seisoen. As dit heeltyd Winter was, sou ons nie die
Lentesonnetjie en die blommeprag wat daarmee gepaardgaan soveel waardeer het
nie. Elke seisoen is uniek. Ons kla nog so oor die hitte, dan’s die
Winter op ons.
Juis daarom moet ons elke oomblik
benut en wanneer ons ‘n nuwe fase binnegaan dit omarm deur dit as ‘n nuwe
geleentheid te sien. Jy ontdek dalk
talente wat jy nooit geweet het jy oor beskik nie.
Soms staar ons onsself so blind teen
die omstandighede, of dalk geniet ons dit om so ‘n bietjie ons wonde te sit en
lek… Hoe dit ookal sy, moenie stagneer nie.
Ons weet nooit wat in ons steek totdat ons gedwing word om ander fasette
te ondersoek nie. Wat jy ookal doen,
moet net nie niks doen nie.
Dale Carnegie’s
favourite quote: “When fate deals us a
lemon, let’s make lemonade.”
No comments:
Post a Comment