Tuesday, 10 June 2014

Depressie 2



2 Korintiërs 4 : 7 die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.
 
Sommige depressielyers weet nie eens dat hul daaraan ly nie omdat hul optimaal funksioneer, alhoewel hul weet iets is nie reg nie of buite beheer voel.  Gewoonlik het hul hoë persoonlike standaarde.  

Dr Rudolph vertel ook dat G F Handel wat bekend is vir sy Hallelujah Koor uit die Messias, dit geskryf het op ‘n tyd dat hy in die diepste put van depressie was.  Dit kon verseker nie maklik gewees het in die tyd toe hy geleef het nie, maar dan, krag kom juis van God.  Ook Dr Rudolph vertel hoe hy preke gelewer het en gemeentelede beraad het, net voor hy gehospitaliseer is, maar dat hy vandag niks daarvan kan onthou nie.  Al bewys is die geskrewe preke en die feit dat gemeentelede hom juis die meeste oor daardie preke gekomplimenteer het.  Wanneer jy self stukkend is, verstaan jy ander se nood en gebrokenheid soveel beter.

Om te erken dat jy nie kan ‘cope’ nie, is die grootste guns wat jy jouself kan bewys.  Gesels met jou familie, met ‘n vertroueling, maar veral met ‘n sielkundige of psigiater.  Wanneer die ‘swart hond’ jou onderkry, is dit hulle wat jou gaan herinner dat jy ook hierdie monster kan oorwin. 

Moenie moed opgee nie.  Moet asseblief nie self-dood oorweeg nie.  As iemand griep het, kry hul medikasie.  As jy aan depressie ly, mag jy ook maar medikasie gebruik.  Jy is kosbaar en jou moed en deursettingsvermoë om hierdeur te kom, sal vir ander bemoedig om ook voort te beur.

Eendag sal jy ook weer uit volle bors kan sing:  Ek behoort nou aan Jesus, niks sal my ooit van Hom kan skei… (Lied 292)

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...