Wednesday, 11 June 2014

Eie planne



Psalm 13 : 3  Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring?

Kyk, as daar nou een area in my eie lewe is waar ek regtig verandering nodig het, is dit my impulsiwiteit.  As ek ‘n idee kry, hardloop ek met hom.  

So halfpad besef ek dat ek nooit met God oor my planne gepraat het en by Hom gehoor het of dit in orde is nie, maar môre, of soms nog dieselfde dag, is ek alweer skuldig.  

Daar is ‘n gesegde wat lui:  “Wie nie hoor nie, moet voel.”  Dis nie asof ek nie al gevoel het nie, ek het… my vingers is pikswart verbrand, maar hoor is min.  

Is dit ook iets waarmee jy sukkel?   Daar is seker ‘n rede hoekom God die mens verstand en die vermoë gegee het om te dink en te beplan… en ons moet tog ons talente gebruik, maar die kuns is om God in alles te ken.  Indien ons so op ons eentjie voortploeter, gaan ons beslis iewers teespoed ervaar… dinge gaan skeefloop… of ons gaan verkeerde besluite neem.

‘n Ander kuns is om die regte antwoord van God te hoor en nie te hoor wat jy wil hoor nie.  

Dierbare Here, maak my asseblief bewus van my eie tekortkominge en leer my om U in alles te ken.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...