Thursday, 12 June 2014

Jeugdag



Job 33 : 25  dan sal sy liggaam weer jonk word, weer word soos in die dae van sy jeug.

Maandag vier ons jeugdag.  Wanneer jy terugdink aan die verlede, is jeugdag nie juis iets om op trots te wees nie.  Daar is ‘n groot deel van ons bevolking wat dit wat op 16 Junie gebeur het nooit sal vergeet nie.  

Dit is egter die verlede.  Ons het aanbeweeg en hopelik uit ons foute geleer.  Diegene wat destyds jonk was, verlang vandag terug na hul jeug.

Wanneer ons jonk is, wil ons net ‘groot word’.  En dan op ‘n dag word jy wakker en jy besef die uurglas het bykans leeggeloop vir jou.  Ek lees hoe Pik Botha verlang na sy jeug en vir Barend du Plessis gevra het hoekom hulle oor alles behalwe oudword in die parlement gepraat het.  

Jeugdag kan jou terugneem na jou drome en verlange.  Jy kan jou ervaring en lewenswysheid met hulle deel wat nog vol storm en drang is.  Ons toekoms behoort aan die jeug… dis ‘n wonderlike verwagting, maar daarmee saam kom ook ‘n verantwoordelikheid aan hulle vir wie ons voorouers soveel deurgemaak het.  Stap die pad in die voetspore van Jesus… vertrou dat Hy die jeug na ‘n goue toekoms sal begelei.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...