Tuesday, 17 June 2014

God slaap nie



Eksodus 15 : 7 … U laat u toorn woed, dit verteer hulle soos kaf.

Munchausen Syndrome by proxy (MSBP), is ‘n afwyking wat meesal onder vroue voorkom.  ‘n Lyer smag na of geniet aandag soveel dat hul ander doelbewus beseer, hul siekmaak, of selfs vermoor.  Dis dikwels iemand van wie jy dit die minste verwag, persone wat as verpleërs werk met pasgebore of klein kindertjies, gestremdes of verswakte bejaardes.  Hul slagoffers is gewoonlik diegene wat nie in staat is om die skuldige uit te wys nie.  Selfs al oorleef hul, is dit baie moeilik om die skuldige uit te vang omdat daar verwag word dat hul kan of sal sterf a.g.v. hul toestand. Skokkend genoeg is heelwat MSBP lyers, ma's wat hul kinders versmoor en dit na wiegiedood laat lyk omdat niemand tog verwag dat 'n ma haar eie kind om die lewe sal bring nie. Sodoende kan hul vir jare daarmee wegkom.

In 1972 het ‘n ma sewe van haar kinders om die lewe gebring en selfs haar man probeer vermoor deur ‘n oordosis slaapmiddels oor sy kos te gooi. Hy’t by die dood omgedraai en geweet dit kon net sy wees, maar hy’s terug na haar.  Sy het floreer onder die simpatie en sagte harte van familie, vriende en bure… die arme vrou wat kort-kort ‘n kind aan die dood afstaan.  Mediese personeel het selfs gedink dit is ‘n genetiese afwyking en die egpaar afgeraai om na die sewende sterfte nog kinders te hê.  Sy’t haar egter nie laat afsit nie, maar ‘n babaseuntjie aangeneem, wat tragies genoeg, ook een van haar slagoffers geword het.   

God slaap egter nie.  Toe die polisie die saak begin ondersoek, was hul geskok oor die omvang van haar dade. Sy is skuldig bevind en 20 jaar tronkstraf opgelê. Wat min mense egter verstaan, is dat haar man haar getrou in die tronk besoek en haar oor al die jare steeds verseker dat hy daar sal wees wanneer sy vrygelaat word.  Stof tot nadenke… op meer as een manier.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...