Monday, 16 June 2014
Sigaret stompies
Genesis 8 : 22 “So lank as die aarde bly bestaan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, ook nie koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie.”
Winter het ook sy voordele, soos daai vetjies wegsteek onder al die lae, sop, melkkos, snoesig toegewikkel onder ‘n wavrag beddegoed, bedsokkies, warmwatersakke, kaggelvuur… aag en ek is seker jy kan aan nog vele meer dink. Met die dat die koue ons nou so lekker omvou, dink ek hoe koue ons ook op ander maniere affekteer.
Dink maar aan diegene wat jou stief behandel, soms sonder rede... ek kry sommer sulke koue rillings. Dan is daar diegene wat elke dag in eensaamheid bibber en beef, en dit binne ‘n verhouding! Verslawing veroorsaak ook dat jy eenkant sit en koud kry.
‘n Vuurtjie brand net behoorlik as jy al die stukkies brandhout opmekaar stapel. Sodra jy hulle uitmekaar krap, gebeur dit meesal dat die vlammetjies al dowwer brand en dat daar later net houtskool of selfs as oorbly.
Laat ons hierdie Winter ons naaste nader trek en hul nie wegstoot nie. Soms neem dit net ‘n sigaretstompie om ‘n brand te stig wat binnekort buite beheer brand. Jy’s dalk vir iemand daardie einste ‘nuttelose’ sigaretstompie. Om uit te reik na ander, is soms die enigste manier om ‘n bietjie warmte te ervaar.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Deuteronomium 11 : 19 “Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap ...
-
Matteus 7 : 5 Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te ha...
No comments:
Post a Comment