Sunday, 13 July 2014

Aartappels



2 Korintiërs 11 : 28  Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse

‘n Onderwyseres wat vir kinders ‘n lewensles op ‘n praktiese manier wou leer, het die volgende plan bedink.  

Elke kind moes ‘n sakkie met ‘n paar aartappels skool toe bring.  By die skool gekom, moes hul vir elke aartappel ‘n naam gee.  Die aartappel se naam sou dieselfde wees as die van iemand wat hul op een of ander manier te na gekom het.  Elke kind moes goed daaroor dink voor hul die aartappel ‘n naam gee en die naam op die aartappel skryf.  Dan moes hul die aartappels met name in ‘n plastieksak gooi en oral waar hul gaan dit met hul saamneem.  Hulle mag nêrens gaan sonder hul aartappels nie.  Party het net een aartappel gehad, ander 3 of 5. 

Vir dae lank het dit so aangegaan.  Party het begin kla dat die aartappels begin vrot en nie lekker ruik nie.  En natuurlik het diegene met heelwat aartappels in die sak begin kla dat hulle nou moeg is om die aartappels met hul saam te dra.

Uiteindelik het die onderwyseres aangekondig dat die les verby is en hul gevra hoe dit gevoel het om die aartappels heeltyd oral saam te dra.  Dit was vir hulle bevrydend om hul frustrasie en irritasie te kon lug:  dat dit ongemaklik was, dat dit onnodig was, dat dit hul teruggehou het, dat hul voortdurend van die aartappels en later ook die reuk bewus was en dat ander mense hul snaaks aangekyk het.

Die onderwyseres het verduidelik.  Dit is presies wat gebeur as ons ‘n wrok of haat met ons saamdra.  Ander gaan die ‘stank’ van dit wat binne jou is, aanvoel en dit gaan hul van jou wegdryf.  Dit gaan jou terughou en dit raak ‘n swaar las wat jy voortdurend met jou moet saamsleep.
So raak ontslae van enige wrok wat jy koester teenoor iemand.  Gooi die juk af en raak ontslae van die ‘stank’ wat jou omgeef.  Dit is heeltemal onnodig om swaargelaai deur die lewe te gaan.
Skrywer annoniem

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...