Thursday, 10 July 2014

Hoeveel kan een mens hanteer?



Eksodus 13 : 21  Die Here het bedags met 'n wolkkolom voor hulle uit gegaan om vir hulle die pad te wys en snags met 'n vuurkolom om vir hulle lig te verskaf, sodat hulle dag en nag kon trek. 

Weens omstandighede voel dit dalk vir jou asof jy nie kan byhou nie.  Deesdae is alles ‘n gejaag.  Ondernemings verwag al meer en meer van werknemers, want as jy nie die verwagte resultate kan lewer nie, is daar ‘n horde werkloses wat maar te graag die geleentheid sal aangryp, en selfs bereid is om vir minder te werk.  

Werksdruk dryf al meer mense na sielkundiges en medikasie om net staande te bly.  Selfs op die radio hoor ek hoe iemand op ligte trant noem dat jy net jou ‘Rescue Remedy’ moet neem, dan pla die verkeer jou nie meer nie.  “Hoeveel kan een mens hanteer?” vra jy jouself af.

Selfs die mees gelowige persoon sal jou verseker dat hul ook sukkel om druk te hanteer.  Jou enigste waarborg is dat jy nie een enkele oomblik alleen is nie.  God is by jou deur die dag, maar ook in die nag wanneer daardie spoke jou rondjaag en broodnodige slaap jou ontwyk.   Dieselfde omgee-God wat die Israeliete na die Beloofde Land gelei het, is ook met jou.  Soos Hy hul deur die woestyn gelei het, sal Hy jou ook deur hierdie woestyn waarin jy jou tans bevind, lei.  Jy kan, en jy gaan dit maak.  Hy ondersteun jou en gee jou die moed om aan te gaan.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...