Wednesday, 16 July 2014

Bekeer julle



Jesaja 55 : 7  Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.

Ongehoorsaamheid gaan so ver terug as Adam en Eva.  Dit is nie asof ons nie weet wat reg en verkeerd is nie – dis meer ‘n kwessie van meegevoer word, of dink dit is aanvaarbaar omdat ‘almal’ dit doen.  

Sommige sondig ook omdat hul regtig nie weet wat reg of verkeerd is nie, want niemand het hul ooit van God vertel, of hul het nog nooit ‘n Bybel gehad of gelees nie,so hul het geen maatstaf om te meet wat aanvaarbaar is of nie.
. 
Dan is daar diegene wat nie omgee of hul sondig nie, want dit gaan net oor hul eie behoeftes, drange en begeertes.  Ongelukkig kan nie een van ons die eerste klip gooi nie, want elkeen van ons het maar ons eie swakheid en al probeer ons hoe hard, struikel ons steeds elke dag.  Sonde word nie in kategorieë geplaas nie.  Sonde is sonde en ons is almal in sonde gebore, en boonop nog feilbaar ook.  

Genadiglik dien ons ‘n God wat jou ‘altyd weer sal vergewe’.   Bely jou sondes voor God, vra Hom om vergifnis en weet dat Hy jou sondes sal vergewe.  Moet nooit dink dat jou sonde te groot is om vergewe te  word nie…  Of dat jy al jou kanse opgebruik het nie… of weer en weer om vergifnis vra vir dieselfde sonde nie… Die beeld wat Hy gebruik stel dit so mooi - om dit sover te verwyder as wat die ooste van die weste verwyder is.  Hy vergewe altyd weer.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...