Sunday, 6 July 2014

Die Waarheid

Johannes 8 : 32  en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”

Elkeen van ons het die vermoë om diegene wat ons pad kruis se lewens te verryk, of om hulle vir ewig te skaad.  Soveel mense ly hul lewe lank as gevolg van een ondeurdagte opmerking wat iemand gemaak het.   Kom ons wees nou maar eerlik, party mense het eenvoudig geen takt nie.  ‘n Onderwyser kan jou laat glo dat jy nooit wiskunde sal bemeester of dat jy nie kunstig is nie; jou selfs te laat glo jy is onnosel, ‘n probleem of nikswerd.   Of jy hoor dalk iemand iets oor jou voorkoms kwytraak wat jou vir jare daarna nog aan ‘n minderwaardigheidskompleks laat ly.  Byname raak die manier waarop mense hulself sien bv Stokkies, Piesang, Blikkies, Bakbeentjies… 
Die tong is beslis ‘n magtige wapen, veral as jy in ag neem hoeveel skade woorde kan aanrig.  Ironies genoeg onthou ons daardie een negatiewe opmerking vir die res van ons lewe terwyl ons soveel ander positiewe woorde minag.  Dieselfde tong wat emosionele wonde laat, kan ook ingespan word om iemand anders op te bou.
Jy beskik oor die vermoë om die leuen wat iemand vir jare geglo het oor hulself, uit te wis deur positiewe woorde oor hul lewe te spreek.  Dit is nie altyd maklik nie, want daardie woorde het die kettings geword waarmee hul vasgekluister is aan ‘n baie seer verlede, maar dit is moontlik.

Leo Boschalia het gesê:  “If you don’t love them, at least don’t hurt them.”

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...